Die Hoofbeampte aan die woord
By GEMS luister ons as ons lede praat. Ons koester ons waarde van duidelike kommunikasie en streef voortdurend daarna om te verseker dat ons voordele-opsies en dienste ons lede se behoeftes aanspreek.
Ek is bly om die 2010-voordele aan u bekend te stel. Hierdie brosjure voorsien meer inligting oor die bekostigbare en doeltreffende gesondheidsorg waartoe u as 'n GEMS-lid in 2010 toegang kan kry. Ons moedig u aan om die opsie te kies wat die beste by u en u familie se behoeftes pas.
was nie 'n maklike jaar nie, maar GEMS het aangehou om uit te styg. Ons het met groot opgewondenheid die mylpaal gevier dat GEMS 1 000 000 lewens dek, wat u werklik een uit 'n miljoen maak! Hierdie prestasie plaas GEMS aan die voorpunt van die mediesefonds-bedryf, met 'n voordeleaanbod wat vanself spreek. Ons is die grootste beperkte mediesefonds in die land, wat u deel maak van 'n sterk, finansieel lewenskragtige mediesefonds wat u belange op die hart dra.
Ons voortdurende strewe na uitnemendheid getuig van ONS verbintenis teenoor u, u gesondheidsorgbehoeftes en U keuses. Ons sit ons vyf bekostigbare opsies in hierdie gids uiteen - om u te help om 'n ingeligte besluit te neem oor die voordele-opsie wat u familie se behoeftes die beste sal pas in 2010.
Die kernvoordele wat lede in 2009 gehad het, is behou vir 2010. Ons het ook die beskikbare voordele-limiete verhoog en nuwes bygesit, soos die nuwe Blokvoordeel in die Emerald-opsie. Ons is trots daarop dat ons ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede waarin ons ons bevind, steeds bekostigbare, gehalte- gesondheidsorg aan u kan bied.
In 2010 begin bydraes by R424; ons het daarin geslaag om die gemiddelde bydrae-verhoging vir al die opsies op 10,8% te hou. Die 2010-bydraetabelle word by hierdie gids ingesluit, sodat u presies kan sien hoe die verhoging u sak raak.
Hierdie jaar stel ons die nuwe GEMS-netwerk bekend, 'n toegewyde netwerk gesondheidsorgverskaffers wat na die gesondheidsorgbehoeftes van ons Sapphire- en Beryl-lede sal omsien. Die GEMS-netwerk sal die Prime Cure-netwerk vervang wat lede van die genoemde opsies die afgelope 3 jaar gebruik het. Meer nuus oor hierdie opwindende ontwikkeling sal aan die einde van 2009 deurgegee word.
Ek wil u bedank vir u volgehoue steun en wens u uitstekende gesondheid in 2010 toe. Onthou dat GEMS u vennoot vir blakende gesondheid bly.
Vriendelike groete
Maak u KEUSE.
Vir verdere NAVRAE
rondom U 2010-voordele, skakel ons by 0860 00 4337
Voordele wat ontwerp is vir u gesondheid en geluk!
Ons verbintenis. U keuse
Aan die einde van elke jaar gee ons ons lede geleentheid om oor te skakel na 'n ander voordele-opsie. U moet u gesondheidsorgbehoeftes, die voordele wat elke opsie bied en die maandelikse bydrae sorgvuldig oorweeg om u keuse te maak.
Oorweeg dit asseblief noukeurig, aangesien u slegs een keer per jaar toegelaat word om u opsie te wysig. Indien u u opsie vir 2010 wil wysig, volg asseblief die drie eenvoudige stappe hieronder. Onthou dat u "Maak u keuse"-vorm ons voor of op 30 November 2009 moet bereik.
kontak ons
Tel 0860 00 4367
Faks 0861 00 4367
Hierdie gids is 'n opsomming van 'n wye verskeidenheid GEMS-aspekte. Dit is slegs vir vinnige verwysingsdoeleindes en vervang nie die reëls van die Skema nie. In die geval van 'n dispuut sal die geregistreerde reëls voorkeur geniet.
